Waarnemings tydens Wagdiens: H.v. Cussonia en Meiring Naude

Ek en hond Goliat was op 'puntdiens', Woensdag 14 deser, 17:30 - 19:15 by bogenoemde 'hotspot'. Ek beskou die volgende gebeure as van betekenis:
1. Ons was redelik versteek agter bome/struike maar soms sigbaar.
2. Sodra 'n taxi ons gewaar word daar herhaaldelik getoet. Dit gebeur nie andersins nie, so die getoet was nie noodwendig vir klante nie.
3. SMs wat verbyloop/net daar staan: Baie praat skielik per selfoon sodra hulle ons gewaar. Binne kort tyd verskyn 'n taxi, laai hulle op en ry weg; 2x teen 'n rooi lig.
4. Pt 3 was te presies vir toevalligheid. Daar het nie dikwels taxis verbygekom of iemand toevallig opgelaai nie (wel soms). Dit was opmerklik hoe kort opmekaar 'n seloproep opgevolg was deur 'n taxi-oplaai.

Dit wil voorkom of taxi's en 'toevallige' SMs op die toneel nie toevallig is nie - te dikwels vir toeval (ek is opgeleide SAP-taaklid ingestem op sulke dinge).

Hoewel daar tans 'n heining is, sal dit interessant wees om te sien hoe dikwels sulke handelings saamval met bv. 'n wagtende voertuig op N4? Hierdie sal 'n tydrowende oefening wees om op te volg. Voornemende boewe weet ook van die kameras - maar weet eweneens dat hulle goeie wegkomkans het voordat iemand opdaag ten spyte van kameras.

Aangeteken vir inligting/verdere oorweging van modus operandi.

Johan 4

Dankie vir die insette Johan. Ek sê nog steeds die groot waarde van buurtwagte/patrollie groepe is in die sigbaarheid van die groep geleë, en nie deur weg te kruip en probeer om oortreders te vang nie, alhoewel dit ook partykeer wel gedoen moet word. Sodra potensieële kwaaddoeners die lede sien, beweeg hulle uit die omgewing weg. Ongelukkig gaan die kwaaddoeners na ander plekke om daar hulle dade te doen. Die oplossing, ander instansies moet ook aanboord kom om daardie aspekte van misdadigers aan te spreek. Verbeter hulle lewensomstandighede en verwyder die oorskae van misdaad. Slegs dan sal ons misdaad in ons mooi land kan verminder en almal hier in veiligheid sal kan saamleef.

Hubert

Meyring Naude kruising by Cussonia

Dit bly vir my 'n riem onder die hart om telkens die innoverende aksies (en reaksies) van ons CPA lede te sien... Baie dankie julle - een of ander tyd sal jul insette vrugte afwerp

Ronél 1

'Skuus - dit moes onder

'Skuus - dit moes onder 'Reply' geval het!

Dankie Hubert - daarmee kan

Dankie Hubert - daarmee kan ek saamstem. Ek vertrou jy sien hierdie aksie van my onder die "partykeer". Ek (plus hond!)was wel vir die meeste tyd sigbaar, soos jy dan ook getuig. Daardie aand was die kameras onderbroke en 'breek-en-gryp' op daardie plek 'n werklike bedreiging soos ek glo my waarnemings bewys het. Mens wil hoop dat sodanige teenwoordigheid tot verhoeding van insidente bygedra het.

Die 'wegkruip' was bloot om 'n vermoede te bevestig. By sulke 'hot-spots' is selfs met gewaardeerde kamerawaarneming is slegs RE-aksie moontlik, hoewel dit ook nodige gedokumenteerde bewys vorm.

Onderste-lyn: PRO-aksie is liefs beperk tot diegene wat sodanige opleiding/ondervinding/agtergrond het. Anders, wees sigbaar, al is dit net met 'n groen lig op die kop.

(Maar Goliat se teenwoordigheid het gehelp - sekere voetgangers het versigtig na die oorkant van die pad gesluip, styf teen die verste draad verby gehaas en verder verlig hulle reis voortgesit. Bluf kan ook werk!)
Johan 4

New forum topics

Recent blog posts