Goeie Môre, Ons wil net baie baie dankie sê aan al die lede van die Silverton se gemeenskapspolisiering wie se vinnige optrede gistermiddag tydens die “moontlike ontvoering/kaping” van die 2 dogters naby die Silverton se Hoërskool tot gevolg gehad het dat die “verdagtes” wel aangekeer is. Dit is weer ‘n bewys dat Silverton GPA een van die bestes in PTA is!!!! Julle goeie werk gaan nie ongesiens verby nie. Ons is nie gereelde gebruikers van die radio nie maar elke keer as die krag of water af is kan ek maar net die radio aansit en ek kom op hoogte van hoe lank ens die water of ligte gaan af wees. Julle onbaatsugtige diens aan die gemeenskap word opreg waardeer. Voorts voel ons ook sommer baie meer veilig as ons saans die “groen” liggies verby ons huis sien beweeg. Hou asb aan met die goeie werk!!! Vriendelike groete
|
|||
New forum topics |
||
